top of page

Empower
Growth

plattelander

NK KHO KHO-STERRE GAAN WÊRELDWYD


P.Coetzee

NOORD-KAAP – Die Noord-Kaap is in rep en roer oor drie talentvolle spelers wat die voorreg gekry het om Suid-Afrika by die Kho Kho Wêreldbeker in Delhi, Indië, te verteenwoordig. Die wêreldbeker, wat van 12 tot 19 Januarie 2025 plaasvind, sal omtrent dertig spelers en twee afrigters uit Suid-Afrika sien deelneem.


Neo Evans, Voorsitter van die Kho Kho Assosiasie van Suid-Afrika en spanbestuurder, verduidelik dat die spanne deur middel van toernooie wat vroeër in Kuruman gehou is, saamgestel is. Ons het twee uitblinkers in ons vrouespan, Refilwe Mfeka en in die manspan, Lethongonolo Stock, wat hul talente op die internasionale verhoog sal ten toon stel. Neo sal die span na die wêreldbeker vergesel en ook self deelneem.


Neo deel die teleurstelling oor die 2022 wêreldbeker wat weens die Covid-inperkings nie kon plaasvind nie. Hierdie keer is die opwinding groot, aangesien sportkenners teenwoordig sal wees om top spelers vir ander internasionale toernooie te identifiseer. Indië het ook twee amptenare gestuur om die Suid-Afrikaanse span oor die spesifieke reëls en tegnieke wat in Indië gebruik word, op te lei. Dit bied ons spelers die kans om voor die groot dag aan te pas en gereed te wees.


Neo, wat sedert 2001 aan inheemse spele deelneem en in 2007 sy eerste nasionale toernooi in Oos-Londen beleef het, beskryf die uitnodiging as 'n lewensveranderende geleentheid. Dit is 'n eer om ons kultuur en erfenis op hierdie manier uit te leef. Volgens hom, is die gesegde "A child in sport is a child out of court" nou meer waar as ooit van tevore. Dit is 'n groot voorreg om as spanbestuurder aangewys te word en aan die jong spelers van die Noord-Kaap, terug te gee.


Refilwe en Lethongonolo, beide met indrukwekkende ervaring in inheemse speletjies (Refilwe sedert 2018 en Lethongonolo sedert 2015), sien uit na die uitdaging wat voorlê. Die kennis wat hulle in Indië opdoen, sal hulle help om na Suid-Afrika terug te keer en die sport te bevorder. Ons wens hierdie uitsonderlike atlete alle voorspoed toe en vertrou dat hulle beslis die Noord-Kaap en Suid-Afrika met trots sal verteenwoordig!

19 views1 comment

1 Comment


Thanks to the platteland newspaper

Like
bottom of page