NIËL CARLSON LEI ESKOM WETENSKAP EKSPO IN NAMAKWA DISTRIK
- plattelander
- Apr 11
- 2 min read
P.Coetzee
BERGSIG - S.A Van Wyk Hoërskool kondig trots aan dat mnr. Niël Carlson, een van hul toegewyde onderwysers, as die nuwe Eskom Expo Distrik Wetenskap Direkteur vir die Namakwa Distrik aangestel is. Hierdie aanstelling bevestig die skool se status as 'n Wetenskap- en Wiskundegerigte instelling.
Mnr. Carlson, self 'n oudleerder van S.A Van Wyk Hoërskool, het sy B.Sc-graad aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Sy belangstelling in Fisiese en Lewenswetenskappe het reeds in sy matriekjaar ontstaan. Na sy studies het hy tutorwerk gedoen, wat sy passie vir opvoeding verder aangevuur het. In 2022 het hy sy studies voltooi en besluit om sy kundigheid in sy gemeenskap terug te ploeg deur sy PGCE-kwalifikasie by die Two Oceans Graduate Institute te voltooi. Hy was aanvanklik in Aggeneys werksaam voordat hy by S.A Van Wyk Hoërskool aangesluit het.
Tans onderrig mnr. Carlson Fisiese Wetenskappe vir Graad 10 tot 12 en Wiskunde vir Graad 9. Hy sien sy nuwe rol as Distrik Wetenskap Direkteur as 'n groot eer en is opgewonde oor die uitdagings wat dit meebring. Sy doel is om meer leerders regoor Namakwa aan te moedig om aan die Eskom Ekspo deel te neem, hul navorsingsvaardighede te ontwikkel en hulle aan die geleenthede van hierdie projek, bloot te stel. Hy sal as koördineerder en oorsiener optree en verseker dat skole die nodige ondersteuning ontvang.
Met sowat 10 leerders van S.A Van Wyk Hoërskool wat beplan om vir die eerste keer aan die Eskom Ekspo deel te neem, is die skool vasbeslote om Wiskunde en Wetenskap verder te bevorder. Twee ander onderwysers sal saam met hom help om leerders se projekte suksesvol te ondersteun.jou eie professionele groei werk.
Comments