top of page

Empower
Growth

Search

NASIONALE KAMPIOENSKAPPE WINK VIR PLAASLIKE ATLETE


P.Coetzee

NAMAKWALAND – Plaaslike atlete van Namakwaland is hard aan die werk om hul deelname aan die Nasionale Klubkampioenskappe in Green Point, Wes-Kaap, moontlik te maak. Hierdie gesogte gebeurtenis, wat tussen 27 en 29 Maart plaasvind, verg egter die gemeenskap se ondersteuning om die atlete se reis te help finansier.


Die span, wat uit 16 talentvolle atlete bestaan, sal aan verskeie atletiekitems deelneem. Die deelnemers is Nate Jafta (15), Chad Young (15), Jayden Carstens (17), Ayron Strauss (17), Raymarco Van Wyk (16), Nathan Square (17), Jamilio Keyser (18), Marchant Mhoni (19), Annha Klaaste (19), Theunis Mosterd (18), Loyiso Cloete (18), Maxwell Klaasen (16), Ghaysten Mosterd (20), Riowa Cloete (21), Diina Shituula (18) en Manfred Mantalla (18). Hierdie atlete neem aan 'n verskeidenheid items, insluitend 100m, 200m, 400m, 800m, 1500m en selfs hoogspring deel.


Afrigter John en die bestuurder van die klub, sal die span tydens hul deelname aan die kampioenskappe ondersteun. Hulle voorbereiding sluit intensiewe oefensessies, wat dikwels in uitdagende omgewings plaasvind, soos oefeninge in die see en berge, in. Die harde werk en toewyding van hierdie atlete het reeds tot uitstaande prestasies, insluitend internasionale deelname aan rugbykompetisies verlede jaar, gelei.


Die klub benodig ongeveer R55 900 om die kostes van reis, akkommodasie en kompetisiefooie te dek. Hierdie fondse sal verseker dat die atlete die geleentheid geniet om hul vaardighede en harde werk te toon en Namakwaland met trots te verteenwoordig. Om hierdie doel te bereik, doen die klub 'n beroep op die ondersteuning van besighede en individue. In ruil daarvoor bied die klub bemarkingsgeleenthede, insluitend die plaas van besighede se handelsmerke op sosiale media en die span se uniforms.


Die toewyding en vaardigheid wat hierdie atlete getoon het, behoort genoeg aansporing te vir instansies en individue wees om in hul toekoms te belê. Enige bydrae, hoe klein ook al, kan 'n groot verskil maak en hierdie jong talentvolle atlete help om hul droom te verwesenlik. Enigiemand wat belangstel om 'n donasie te maak, kan afrigter John by 079 992 2407 of per e-pos by johncloete@yahoo.com kontak. Met u hulp kan hierdie span se droom verwesenlik word en Namakwaland se naam hoog gehou word.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page