top of page

Empower
Growth

plattelander

LEERDERS VERWERF BALKIES EN DIPLOMAS IN NOODHULP


P.Coetzee

OKIEP – Noodhulp is 'n onontbeerlike vaardigheid, nie net by groot geleenthede nie, maar ook op die skoolterrein. By Okiep Hoërskool het leerders reeds vroeg in hul skoolloopbaan noodhulpopleiding, wat hulle met die nodige kennis en vaardighede toerus om 'n loopbaan in die mediese veld te volg, ontvang. Hierdie toegewyde leerders is tydens die skool se diplomaplegtigheid met balkies en diplomas vereer.


Vanjaar merk die tweede keer dat die noodhulpkursus vir die leerders aangebied word. Verlede jaar het 'n groepie die vlak 3 noodhulpkursus saam met 'n onderwyser bygewoon. Vanjaar het nog 15 studente die vlak 1 kursus voltooi. Die kursus sal vir die volgende drie jaar voortgesit word en leerders van graad 8 tot 10 het die geleentheid om deel te neem. Die kursus is deur die mediese raad geakrediteer, wat beteken dat die krediete wat leerders verwerf, deel van hul algemene krediete na skool sal uitmaak.


Die noodhulpopleiding word deur die ruimhartige ondersteuning van Okiep Country Hotel, Sonja Terblanche van Trisport, en PVR Begrafnisdienste moontlik gemaak. Al 15 kinders se fooie is deur borge betaal om aan die kursus, wat deur NPS (National Paramedic Services) aangebied word, deel te neem. Die borge het die noodsaaklikheid gesien om kinders te bemagtig om nooddienste te lewer. Die opleiding sluit beide teoretiese en praktiese komponente in.


Leerders pas hul noodhulpvaardighede tydens sportbyeenkomste op die skoolterrein toe, wat hulle nie net opleiding, maar ook waardevolle blootstelling aan die mediese veld, bied. Vanjaar het die leerders ook as beamptes vir die Namaqua Quest opgetree. Die skoliere geniet hierdie rolle geweldig en is altyd gretig om te help wanneer daar beserings plaasvind.


Die onderwyser in beheer van noodhulp verseker eers dat die leerders alles onder beheer het voordat sy net die nodige noodhulpmiddels verskaf.


Belangstelling in die kursus is groot, maar slegs 15 leerders kan op 'n slag opgelei word. Diegene wat nie hierdie jaar kon deelneem nie, kry voorkeur vir die volgende jaar se kursus. Die onderwyser in beheer van die skool se noodhulp vertel dat Fia van den Heever van NSRI baie beïndruk is met die groepie en hul professionele houding. Ander privaat instansies maak ook gebruik van hul hulp.


Justin Visagie, 'n matriekleerling wat verlede jaar die opleiding voltooi het, sê dat die kursus van groot waarde is, aangesien hy volgende jaar in die mediese rigting gaan studeer. Hy beplan om paramedici te studeer.

10 views0 comments

Comments


bottom of page