top of page

Empower
Growth

plattelander

KLEURRYKE KREATIWITEIT UIT CARNARVON


P.Coetzee

CARNARVON – In Carnarvon bied Ellirien “Ella” Koopman, 'n talentvolle kunstenaar en student, 'n verskeidenheid van handgemaakte produkte aan. Of jy nou opsoek is na 'n lewendige skildery om jou woonkamer te verfraai of 'n unieke haarstrik om jou voorkoms te voltooi, Ella is jou antwoord.


Ella, oorspronklik van Carnarvon en tans 'n onderwysstudent in Kaapstad, het haar besigheid in 2020 tydens 'n werkloosheidsperiode begin. Sy het haar talent vir handwerk ontdek en begin om haarstrikke, wat aanvanklik net vir haarself bedoel was, te vervaardig. Die sukses van haar haarstrikke het haar in staat gestel om `n onderwysdiploma te finansier. Later het sy haar passie vir skilderwerk ontdek, met haar eerste kunswerk wat 'n sonneblom uitbeeld – 'n simbool van haar optimisme en veerkragtigheid.


Ella se haarstrikke, geskik vir elke geleentheid, word gekenmerk deur hul helder kleure en verskeidenheid materiale. Sy droom daarvan om haar produkte eendag in winkels te sien. Haar handewerk, wat sy as terapeuties beskou, sluit ook spesiale haarstrikke vir verjaarsdae en troues in. Die sonneblomontwerpe is veral gewild onder haar kliënte.


Vir bestellings kan Ella via WhatsApp by 060 404 1811 gekontak word, of op Facebook by “Handmade by Ella”. Elke bestelling word met 'n handgemaakte armband as 'n ekstra bederf, afgerond. Ella is hoopvol oor die toekoms en moedig almal aan om hul talente te benut: “Gebruik wat jy het en doen wat jy kan.”

12 views0 comments

Comentários


bottom of page